Capitol Hill: meer polisie en media as betogers

Daar was meer polisie en media as betogers by Capitol Hill in Amerika vir ‘n yl betoging deur ondersteuners van die mense wat die gebou in Januarie binnegebars en probeer het om voormalige president Donald Trump se verkiesingsnederlaag om te keer. Volgens nuusagentskappe het minder as 200 van die 700 verwagte betogers gister opgedaag. Sommmige het vlae van die regsgesinde groep Three Percenters gedra. Honderde polisiebeamptes het die gebied rondom Capitol gepatrolleer en 100 lede van die Nasionale Wag was op bystand.