Canan Moodie en Deon Fourie in Bok-groep ingesluit teen Australië

Rugby: Die Springbok-afrigter, Jacques Nienaber, het ʼn groep van 34 spelers aangekondig vir die Australiese skof van die Rugby-kampioenskap met die nuweling, Canan Moodie, wat die eerste keer gaan toer. Volgens Nienaber is dit die regte groep spelers om te bereik wat hulle beplan vir die twee toetse teen Australië in Adelaide op 27 Augustus en in Sydney op 3 September. Met Bongi Mbonambi, wat weens ʼn kniebesering vir vier weke nie kan speel nie, sal Deon Fourie die derde keuse wees na Malcolm Marx en Joseph Dweba.