Calle vra vir belastingverligting vir boere

Die minister van landbou Calle Schlettwein, het die parlement gevra om aan boere grondbelastingverligting van 100 persent vir 2019-2020 toe te staan as gevolg van die pandemie. Geen grondbelastingbetalings is die afgelope vyf jaar gemaak nie, en boere word tans aangeslaan vir die boekjare van 2016 tot 2021. Die hoërhof het in 2019 die mees onlangse waardasierol nietig verklaar en grondeienaars ná ‘n twee jaar lange regstryd gelyk gegee waardes is nié wetenskaplik volgens die produksie-potensiaal van grond bereken nie. Die grondbelastingkoers beloop tans 0,4 persent vir Namibiese plaas­eie­naars en 1,4 persent vir buitelanders. Volgens Schlettwein is die verligting noodsaaklik vir boere om weer op die been te kom.