Calle gesels vanuit Angola, besoek Calueque-projekte

Die Namibiese landbouminister, Calle Schlettwein is in Angola om waterprojekte wat deur die Angolese regering in die Cunene-provinsie van stapel gestuur is, te besoek. Hy en sy Angolese eweknie João Baptista Borges het die Cafu-projek, wat deel vorm van die Calueque-kanaal en –reservoir besoek. Namibië en Angola deel die Kunene-rivier en die bron is ewe belangrik vir beide lande. Daar is ooreenkomste in die verband maar, Schlettwein sal ‘n ooreenkoms vir tussentydse reëls vir gesamentlik operasies onderteken. Die reëls handel oor die Calueque-skema wat water voorsien aan Ruacana se hidroëlektriese kragstasie. Schlettwein het met die media in die buurland gesels.

Borges, het deur middel van ‘n vertaler weer beklemtoon hoe belangrik die gebruik van die waterbronne in die bekken is, vir beide lande.