Byne 260 renosters vanjaar in SA gestroop

Die Suid-Afrikaanse omgewingsminister, Barbara Creecy, het bevestig 259 renosters is tot dusver vanjaar in Suid-Afrika gestroop. Dit is tien meer as oor dieselfde tydperk verlede jaar. Syfers toon ‘n verlies van 210 renosters op staatseiendomme en 49 in parke in privaat besit. Altesaam 82 is in die Kruger-wildtuin vir hulle horings gestroop, met KwaZulu-Natal wat die swaarste getref is met die verlies van 133 renosters. Creecy sê die vraag na renosterhoring bly ‘n bedreiging vir die bevolking van die bedreigde diere.