Byna 160 mense nog vermis na gebou in Miami intuimel

Byna 160 mense word steeds vermis nadat ‘n gebou Donderdag in die Amerikaanse
stad Miami ingetuimel het. Die amptelike dodetal is vier, terwyl dosyne mense gered is.
Soekspanne het deurnag gewerk om oorlewendes te vind. Nuusagentskappe sê daar
kon gehoor word hoe desperate mense van onder die puin kapgeluide maak. Dit is nog
nie seker hoekom die gebou wat 40 jaar oud was, ingetuimel het nie.