Bye-bye Bibi

Benjamin Netanyahu is ná 12 jaar nie meer eerste minister van Israel nie nadat die land se parlement ‘n nuwe koalisieregering goedgekeur het. Die koalisie is met ‘n skrale meerderheid van net een stem met 60 teenoor 59 goedgekeur. Die regse nasionalis Naftali Bennett van die Yamina-party sal ingevolge ‘n rotasie-ooreenkoms die nuwe regering tot 2023 lei. Hy sal dan die mag aan die leier van die sentristiese Yesh Atid-party, Yair Lapid, oorhandig. Netanyahu sê hy sal hom daarvoor beywer om wat hy noem dié gevaarlike regering omver te werp en weer aan bewind te kom.