Busa verwelkom nuwe minister van elektrisiteit

Business Unity South Africa het die aanstelling van Kgosientsho Ramokgopa as minister van elektrisiteit verwelkom. President Cyril Ramaphosa het gesê Ramokgopa se taak sal wees om die intensiteit en gereeldheid van beurtkrag dringend te verminder. Busa se uitvoerende hoof, Cas Coovadia, sê hulle gaan dringend met Ramokgopa vergader om te bepaal wat sy planne is met die hantering van die korttermyn-beurtkragkrisis en die mediumtermyn-energiekrisis.