Burokratiese rompslomp vertraag landbou-inisiatiewe

‘n Landbou-kenner het gereageer op die goewerneur van die Bank van Namibië, Johannes !Gawaxab, se mening dat die voedselbedryf ekonomiese geleenthede bied en geskik is vir die groot ongeskoolde arbeidsprofiel van Namibië se werklose bevolking. Die goewerneur is oortuig dat hierdie bedryf geskikte en ideale strukture bied om landelike en streek-ekonomieë aan die gang te sit. Die potensiaal wat deur groen skemas en besproeiingskemas gebied word, moet gekombineer word met innovering en tegnologie, en om finansiering toeganklik en bekostigbaar te maak om self-indiensneming en landelike ekonomiese ontwikkeling te fasiliteer, sê !Gawaxab. Plaaslike landboukundige, Wallie Roux sê die burokratiese rondslomp is ‘n uitdaging.