Burkino Faso se Thomas Sankara sewe keer met ligspoorkoeëls geskiet

Burkina Faso se rewolusionêre leier, Thomas Sankara, se sluipmoordenaars het hom ten minste sewe keer met ligspoorkoeëls geskiet in ‘n staatsgreep in 1987. Internasionale nuusagentskappe berig dit was die getuienis van ‘n ontleedkundige in ‘n militêre hof in die hoofstad Ouagadougou in die langverwagte verhoor oor sy dood. Ligspoorkoeëls is ammunisie wat aan die brand slaan met brandende poeier wat lig afgee. Dis ontwerp vir naggevegte en help die skut om die teiken te merk. Sankara was ‘n kaptein in die weermag en net 33 jaar oud toe hy in 1983 self deur ‘n staatsgreep aan bewind gekom het.