Burkina se nuwe leier maak geen beloftes nie

Burkina Faso se nuwe militêre leier, luitenant-kolonel Paul-Henri Damiba, sê die land sal terugkeer na grondwetlike orde wanneer toestande reg is. Damiba het inwoners vir die eerste keer toegespreek na die regering Maandag omver gewerp is. Hy sê hy sal verskeie rolspelers in die land byeenroep om ooreen te kom oor ‘n padkaart om sodoende die nodige hervormings te beplan en uit te voer. Die junta het Maandag ná die magsoorname gesê hy sal ‘n kalender voorstel vir ‘n terugkeer na grondwetlike orde binne ‘n redelike tydraamwerk, maar het nie uitgebrei oor sy planne nie.