Burgemeester-sakeforum is aan die gang in hoofstad

Die Namibiese Kamer van Handel en Nywerheid bied tans saam met Stad Windhoek die Windhoek Mayoral Business-forum aan. Die forum is in 2016 gestig om bande tussen die stadsraad en die sakegemeenskap te versterk, en om ontwikkelingsplanne meer vaartbelyn te maak. Sade Gawanas, Windhoek se burgemeester het die forum toegespreek.