Bulls hoop op ‘n beter vertoning die naweek

Die Bulls se stut, Lizo Gqoboka, sê hulle hoop om beter te vertoon wanneer hulle Saterdag in die Verenigde Rugbykampioenskap teen Cardiff Blues in Cardiff speel. Ten spyte van begeesterde spel in die eerste helfte van die wedstryd verlede Vrydag teen Connacht, het die Bulls in moeilike weersomstandighede die knie met 34-7 voor die Iere gebuig. Gqoboka sê hulle sal vinnig by die toestande moet aanpas: