Bulle roep ondersteuners vir kragmeting teen Stormers

Die Bulle is volgende Saterdag in Pretoria gasheer vir hulle tradisionele vyande, die Stormers, in die Verenigde Rugbykampioenskap en die tuisspan wil graag hê hulle ondersteuners moet in groot getalle na Loftus opruk. Die unie kon die afgelope twee seisoene nog nie daarin slaag om die boonste deel van die Oospawiljoen vol te kry nie. Daar is reeds ʼn groot vraag na kaartjies en beamptes hoop meer as 30 000 ondersteuners sal by die stadion opdaag om hulle span te ondersteun. Die Stormers het al vier hulle VRK-wedstryde teen hulle aartsvyande gewen.