Bulle-flank maak môre sy debuut Verenigde Rugby-kampioenskap

Rugbynuus: Die Bulle se flank, Reinhardt Ludwig, sal sy Verenigde Rugby-kampioenskap-debuut môre maak wanneer hy in die Noord teen Suid-derby op Loftus Versfeld teen die Stormers uitdraf. Die Bulle se woordvoerder, Chumani Bambani, sê die 19-jarige is ‘n opwindende toevoeging tot die span. Daar is geen tekort aan spelers met ondervinding nie en Arno Botha is op oop kant-flank saam met hom. Die vasskopstut Mornay Smith, is ook terug in die beginspan. Die Bulle het ‘n sterbelaaide plaasvervangerbank met Bismarck du Plessis, Marcell Coetzee en Morné Steyn.