Bulle bly bo in Curriebeker

Die Bulle het gisteraand in Kaapstad ‘n bonuspunt-oorwinning van 40-21 oor die Westelike Provinsie behaal. Dit is hulle tweede agtereenvolgende sege in die Curriebeker-seisoen. Die verdedigende kampioene het ses drieë gedruk waarvan vyf verdoel is. Intussen het Cameron Wright en Dan Jooste vir die Haaie oor die doellyn geduik en hulle veldtog op Kingspark afgeskop met ‘n naelskraapse oorwinning van 24-23 oor die Griekwas. Die Poemas het in ‘n indrukwekkende vertoning op Ellispark die Leeus met 50-9 verpletter.