Bukalo se stortingsterrein is oop

Die skakelbeampte van Katima Mulilo Chrispin Muyoba het aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat hulle wel nog toegang tot die stortingsterrein by Bukalo het maar dat die dorpsraad op die oomblik ‘n nuwe terrein ontwikkel. Muyoba sê die omgewingskommissaris sal die nuwe terrein moet goedkeur. Sy aanmerkings kom na klagtes deur inwoners van die dorp dat rommel op die strate ophoop omdat owerhede by Bukalo toegang na die stortingsterrein geweier het.