Buitelanders pleit onskuldig in Russiese ‘hof’ in Donetsk

Drie Britte, ‘n Kroaat en ‘n Sweedse burger het in ‘n Russies-ondersteunde hof in die selfverklaarde Donetsk Volksrepubliek ontken dat hulle huursoldate is. Hulle is vroeër vanjaar by die Oekraïnse stad Mariupol aangekeer en beskuldig dat hulle opgelei word om met geweld die mag oor te neem. Een van die Britse mans, John Harding, het die afgelope vier jaar in die Donbas-streek geveg. Hy, Vjekoslav Prebeg van Kroasië en Mathias Gustafsson van Swede kan die doodstraf kry. Die saak is tot Oktober uitgestel.