Bruwer sê oor lang Covid

Covid kan ‘n langdurige impak op jou gesondheid hê as jy nie goed na jouself en diegene om jou kyk nie. Al is die virus na tien dae uit jou liggaam, hou sommige mense ‘n lastige hoes oor wat selfs tot ses maande kan duur. Pulmonoloog dr. Willie Bruwer verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus wat om te doen as ‘n chroniese hoes voortduur.