Brook se honderdtal red Engeland teen Nieu-Seeland
Krieket: Harry Brook se sewende toets-honderdtal het Engeland gered en hulle het die tweede dag van die eerste toets teen Nieu-Seeland in Christchurch afgesluit op 319 vir vyf. Brook en Ollie Pope het ʼn vennootskap van 151 om die vyfde paaltjie aangeteken nadat Engeland gesukkel het op 71 vir vier na Nieu-Seeland se 348. Joe Root is in sy 150ste toetswedstryd uit vir ʼn nulletjie. Brook, onoorwonne op 132, gaan môre probeer voortbou op sy vennootskap van 97-lopies met kaptein Ben Stokes. Engeland is tans 29-lopies agter.