Brood word ook duurder…

Daar sal ‘n verhoging in die prys van brood in Namibië voorkom, veral as gevolg van die Russiese inval in die Oekraïne. Daar is reeds kommer in Suid-Afrika oor die broodprys in die nabye toekoms. Koring is natuurlik die oorwegende faktor en tussen Rusland en Oekraïne word 14 persent van die wêreld se koring geproduseer. Loide Wahenga akkerboubestuurder by die Namibiese Akkerbouraad het meer.