Brittney Griner is mediese cannabis voorgeskryf

Prokureurs wat die Amerikaanse basketbalspeler Brittney Griner in Rusland verdedig, sê sy is mediese cannabis in die Verenigde State voorgeskryf vir ‘n chroniese besering. Haar hofsaak is tans in Moskou aan die gang. Griner het skuld beken op dwelmaanklagte wat tronkstraf van tot tien jaar kan beteken nadat sy in Februarie by ‘n Moskou-lughawe aangehou is dagga-olie. Sy het gesê sy het nie doelbewus die wet oortree nie. Amerikaanse President Joe Biden het intussen gesê die Verenigde State doen alles in hul vermoë om haar vrylating te verseker.