Britte roep Iran se ambassadeur in na olietenskip-aanval

Brittanje het Iran se ambassadeur ingeroep om verlede week se aanval op sy olietenkskip aan die kus van Oman te verduidelik. Twee bemanningslede, ‘n Brit en ‘n Roemeense burger, is in die aanval dood. Brittanje se Departement van Buitelandse Sake wil hê die Midde-Oosterse land moet onmiddellik alle optrede staak wat internasionale vrede en veiligheid in gevaar stel. Media berig die Verenigde Koninkryk, Amerika en Israel blameer Iran vir die aanval te midde van toenemende spanning tussen Israel en Iran.