Brittanje staar grootste nywerheidsoptrede sedert die 70’s in die gesig

Die grootste nywerheidsoptrede in dekades dreig in die Verenigde Koninkryk waar miljoene werkers in die openbare sektor oor ‘n staking gaan stem. Dit kan lei tot personeeltekorte by hospitale, vervoernetwerke, skole en brandweerstasies. Die gemiddelde Britse werker voel die druk van stygende lewenskoste en vakbonde sê salarisaanbiedinge hou nie tred met stygende pryse nie. Britse media berig ‘n staking kan nywerheidsoptrede in die 1970’s ewenaar toe miljoene werkers gestaak het.