Brittanje se spoordienste weer ontwrig

Brittanje se spoordienste is vandag weer tot stilstand gebring terwyl spoorwerkers staak in ‘n langdurige dispuut oor werk, betaling en voorwaardes. Lede van die Spoor-, Maritieme- en Vervoervakbond het by 14 trein-operateurs uitgestap, wat dienste regoor die land verlam. Daar word verwag dat  tussen 40 persent en 50 persent van treindienste sal loop, maar daar sal groot verskille oor die netwerk wees, met geen dienste in sommige gebiede nie. Dit volg omdat Mick Lynch, hoof van die vanbond, trein-operateurs daarvan beskuldig het dat hulle werksomstandighede wil verswak en die res van die werkersklas ‘n les wil leer.