Brittanje sal droogtetoestand vandag verklaar

Die Britse omgewingsdepartement, en die land se Omgewingsagentskap gaan moontlik in dele van Engeland ‘n droogtetoestand verklaar. In sommige gebiede gaan die temperatuur na verwagting die naweek tot 36 grade Celsius styg terwyl Engeland sy droogste nege-maande-tydperk sedert 1976 beleef. Die land het verlede maand minder as 10 persent van sy gewone reënval aangeteken wat dit die droogste Juliemaand sedert 1935 maak. So ‘n verklaring sal watermaatskappye in staat stel om strenger maatreëls in te stel om water te spaar.