Brittanje sal Bibi in hegtenis neem

Downingstraat 10 sê die Britse regering sal sy wetlike verpligtinge as ‘n lid van die Internasionale Strafhof nakom, en die Israelse eerste minister, Benjamin Netanyahu, in hegtenis neem as hy in Brittanje aankom. Die hof het vroeër lasbriewe uitgereik vir die inhegtenisneming van Netanyahu en sy gewese minister van Verdediging, Yoav Gallant, weens beweerde oorlogsmisdade en misdade teen die mensdom in die oorlog in Gaza. Ierland, Frankryk en Italië het ‘n soortgelyke standpunt ingeneem. Israel verwerp die hof se jurisdiksie en ontken oorlogsmisdade.