Brittanje moet ‘n verkiesing hou

Die Britse skadu-kanselier, Rachel Reeves van die Arbeidersparty, sê daar behoort ‘n verkiesing in die land te wees. Haar aanmerkings kom na die kanselier Rishi Sunak en die gesondheidsminister Sajid Javid bedank het omdat hulle vertroue in premier Boris Johnson verloor het.