Brittanje betaal reeds miljarde aan Rwanda
Brittanje het Rwanda ‘n bykomende 2,4 miljard Namibiese dollar in April betaal, bo en behalwe die 3,3 miljard Namibiese dollar wat hy voorheen betaal het vir sy plan om asielsoekers na die land te hervestig. Die Rwanda-skema is die middelpunt van die Britse premier Rishi Sunak se strategie om onwettige migrante af te skrik, maar tot dusver is niemand daarheen verskuif nie as gevolg van regstryde sedert die skema in 2022 aangekondig is. Londen sal blykbaar ‘n verdere 1,2 miljard Namibiese dollar volgende jaar aan Rwanda betaal.