Britse vervoerminister bedank oor misdaad in verlede
Louise Haigh het bedank as Brittanje se Vervoer-minister ná onthullings dat sy skuldig gepleit het aan ‘n misdaad voordat sy ‘n lid van die Parlement geword het. Sy het haar bedanking ingedien nadat berigte in die media verskyn het oor hoe sy verkeerdelik aan die polisie gesê het haar werk-selfoon is in 2013 tydens ‘n rooftog gesteel. Sy het die foon egter later gevind, maar het versuim om die polisie in kennis te stel. Die Britse media sê Haigh het in 2014 skuld erken op ‘n aanklag van bedrog en is laat gaan sonder enige verdere optrede.