Britse renjaer Lewis Hamilton kuier by Sossusvlei

Die Britse superster-renjaer Lewis Hamilton het vanmiddag op die Hosea Kutako Internasionale Lughawe in Windhoek geland en op ‘n huurvlug na Sossusvlei, een van Namibië se mees skouspelagtige landskappe, vertrek. In Formule Een het Hamilton ‘n gesamentlike rekord van sewe Wêreldjaerskampioenskap-titels gewen, en hou onder andere die rekord vir die meeste oorwinnings. Net Sondag het hy tweede na Max Verstappen in Hongarye geëindig. Formule Een keer op 28 Augustus in België terug. ‘n Namibiese toergids, Joseph Kafunda, sê aan Kosmos 94.1 Nuus wat Hamilton se besoek vir die Namibiese toerisme-sektor beteken.