Britse regering sê dit sal moeilik vir burgers wees om uit Kabul huis toe te gaan

Die Britse regering erken dit sal moeilik wees vir die paar honderd burgers wat in Afghanistan vasgevang is, om hul vaderland te bereik. Die minister van buitelandse sake, Dominic Raab, het dit aan internasionale media gesê na afloop van die ontruimingspoging ná die Taliban weer beheer oorgeneem het. Hy sê dit is nie duidelik of die lughawe van Kabul weer oopgestel sal word nadat Britse en Amerikaanse soldate vertrek het nie. Raab sê Britte wat nog in die land is, moet probeer om deur buurlande terug te keer huis toe.