Britse hotelgaste het vreemde versoeke

Die Britse gasvryheidsmaatskappy Travelodge het vreemde versoeke onthul wat gaste vanjaar by sy hotelle gerig het. Dit sluit in om te vra waar die Welsh rarebit woon en dat ‘n verskietende ster die aand tien-uur moet verskyn. ‘n Ander gas het die personeel gevra of seevoëls ‘n ander geluid kan maak en iemand wou selfs hê ‘n personeellid moet in die kamer langsaan sing sodat hy kon seker maak sy kamer is stil. Travelodge sê hy het ‘n toename in besprekings ondervind nadat Covid-beperkings vroeër vanjaar opgehef is.