Britse brandstof-tekorte kan tot Kersfees duur

Brittanje se eerste minister, Boris Johnson, het erken die ontwrigting met die lewering van sekere soorte brandstof kan tot Kersfees duur. ‘n Tekort aan bestuurders vir brandstoftenkwaens in dié land het tot paniek-aankope gelei en die Britse regering genoodsaak om visumvrystellings aan buitelandse vragmotorbestuurders toe te staan om die tekort te oorkóm. Die weermag sal vandag begin om petrol landwyd af te lewer. Johnson sê die situasie is besig om te stabiliseer: