Britney se pa wil uit, vra hof om haar weer in beheer te sit

Britney Spears se pa Jamie het ‘n aansoek by ‘n Los Angeles-hof ingedien om sy voogdyskap van haar sake te beëindig. Britney het reeds in Junie die hof gevra dat haar pa verwyder moet word omdat hy sy posisie misbruik. Sy het bygevoeg dit kom neer op mishandeling. Jamie is sedert Britney se openbare ineenstorting in 2008 in volle beheer van haar sake en haar persoonlike lewe. Hy het aan die hof gesê dat die reëling nou tot ‘n einde kan kom. Britney is 39 jaar oud en is ongeveer 60 miljoen Amerikaanse dollar werd.