Brit steek sy buurman dood oor motorfiets-lawaai

‘n Britse man sal later gevonnis word nadat hy skuldig bevind is aan moord, ná hy sy buurman doodgesteek het tydens ‘n woordewisseling oor die geraas van ‘n motorfiets. Die 48-jarige Jamie Crosbie het die 41-jarige Dean Allsop 17 keer gesteek omdat Allsop se seun, Mikey, die motorfiets se enjin te hard na sy sin laat dreun het. Die voorval het in April verlede jaar in Norfolk, Engeland, gebeur. Crosbie het ook Allsop se lewensmaat, Louise Newell, en ‘n buurvrou gewond. ‘n Polisie-ondersoekbeampe, Phill Gray, beskryf Crosbie as ‘n uiters gewelddadige man wat nie in die samelewing hoort nie.