Brent neig verder op

Terwyl die Amerikaanse dollar redelik swak vertoon en daar voorspellings vir ‘n resessie in daardie land is, weier die olieprys om terug te sak. Internasionale nuusagentskappe berig dat Brent ru-olie met 3 persent gestyg het en Vrydag op ‘n rekord 94 Amerikaanse dollar 44 sent per vat afgesluit het. Die prysstyging word aangedryf deur vrese oor ‘n Russies inval in die Oekraïne en tekorte aan voorrade. Vanoggend verhandel die kommoditeit rondom 91 Amerikaanse dollar per vat. Ekonome het vroeër voorspel dat Brent teen 100 dollar per vat vanjaar kan verhandel.