Breindrein by Eskom: 504 geskooldwe werkers weg in 90 dae

In die tydperk tussen April en Junie vanjaar het 504 geskoolde werkers met ʼn gesamentlike ervaring van 13 364 jaar Eskom verlaat. Van die 504 het 235 afgetree, 152 het bedank, 29 is dood en 14 is afgedank. Volgens berigte was 209 van die 504 werksaam by opwekking, verantwoordelik vir die daaglikse bedryf en bestuur van die beleërde kragstasies. Solidariteit het verlede week ʼn lys van geskoolde kragspesialiste aan die minister van Openbare Ondernemings, Pravin Gordhan en die uitvoerende hoof van Eskom, André de Ruyter voorgelê, in ʼn poging om die land se energiekrisis aan te spreek.