Brave Warriors se voorlopige groep aangewys

Bobby Samaria, afrigter van BRAVE Warriors, het sy voorlopige groep van 28 spelers aangekondig, en hulle sal vandag vir ‘n oefenkamp aanmeld. Samaria het gesê die span van groep H sal saam met nege ander spelers deelneem vir die tweede ronde van die uitdunne, wat in vyf tuis- en wegwedstryde sal deelneem. Die wenners van elke wedstryd gaan deur na die FIFA Wêreldbeker in Qatar in 2022. Die vinnige uitdunne asgevolg van Covid-19 sal weer in Oktober hervat word.