Brasiliese stad pas wetgewing aan om haweloses se diere in skuilings toe te laat

’n Klein stad in die suide van Brasilië het ’n manier gevind om meer haweloses op koue winteraande na sy skuilings te lok – hulle laat die mense se troeteldiere ook toe. Die stad Canoas, effe kleiner as Windhoek, het bevind dat haweloses skuilings vermy omdat hulle hul diere moet agterlaat. Nou kan hawelose mense en hul troeteldiere warm en onderdak slaap omdat die stad sy regulasies aangepas het.