Brasilië, Amerika in Olimpiese vrouesokker-eindronde
Olimpiese Spele: Brasilië kom Saterdag in die eindronde van die vrouesokkerkompetisie te staan teen Amerika. Brasilië het die wêreldkampioene Spanje in die halfeindronde geskok met ‘n oorwinning van 4-2. Dit was Brasilië se sesde verskyning in die voorlaaste ronde van die toernooi by die Spele, maar hulle kon nog nooit ‘n goue medalje inpalm nie. Die viermalige kampioen, Amerika, het Duitsland in die ander halfeindstryd 1-nul geklop. Duitsland en Spanje speel Vrydag in die wedstryd om die bronsmedalje. In die mansafdeling pak Spanje Vrydagaand die gashere, Frankryk in die eindstryd.