Brandstofverhogings knel ook slangvangers

Dit is weer die tyd van die jaar wat die slange baie aktief is. Slangnavorser Francois Theart doen ‘n beroep op die publiek dat slangvangers nie uitgeroep word as slange minder as ‘n half-uur laas gesien is nie. Hy sê dit is ‘n vermorsing van tyd en brandstof wat uit hul eie sakke kom. Hy sê slangvangers sal reageer indien ‘n slang nog gesien en dopgehou word. Hy sê die slangvangers probeer help waar hulle kan, maar die publiek moet ook die stygende brandstofpryse in ag neem.