Brandstofsmokkelary uit Angola vererger

‘n Vulstasie-eienaar in die noorde van Namibië beaam Tom Alweendo, die minister van myne en energie, se kommer oor brandstofsmokkelary uit Angola. Alweendo sê dit het implikasies vir brandstofkleinhandelaars en dit is uitdagend om ‘n oplossing te vind om die onwettige verkoop van brandstof uit Angola te stop. Jafet Nakanue, ‘n diensstasie-eienaar in die Noorde sê aan Kosmos 94.1 Nuus die situasie vererger en inwoners langs die grens en brandstof-smokkelaars doen wat hulle wil.