Brandstofsmokkelary het verwoestende ekonomiese impak op Ongwediva

Brandstofsmokkelary vanaf Angola het ‘n negatiewe impak op die plaaslike ekonomieë van dorpe in die noorde van Namibië. Brandstof-kleinhandelaars sukkel om kop bo water te hou en daar is selfs berigte dat vulstasies in die Noorde leeg is weens die Angolese brandstof op strate. Brandstof in Angola is baie goedkoper en sommige inwoners ry bloot net oor die grens om hul voertuie vol te maak. Die Namibiese polisie het Operasie Ngungula van stapel gestuur om die brandstofsmokkelary te beëindig. Jackson Muma, woordvoerder van die Ongwediva-dorpsraad, sê dit het verwoestende gevolge vir die dorp.