Brandstofpryse onveranderd vir Augustus in Namibië

Ons begin die bulletin met goeie nuus vir Namibiese motoriste.Die ministerie van myne en energie het bekendgemaak dat die brandstofprys vir Augustus onveranderd gelaat word.Volgens die ministerie was verskeie faktore verantwoordelik vir die besluit.Suid-Afrikaners is egter nie so gelukkig nie en moet Augustus gemiddeld 91 sent per liter meer vir petrol en 55 sent per liter meer vir diesel betaal.