Brandstofprys: verskeie faktore dra by

Die Automobiel-Assosiasie in Suid-Afrika sê die November-brandstofprysstyging van meer as ‘n rand per liter wat die minister van energie, Gwede Mantashe, aangekondig is, gaan rampspoedig wees vir verbruikers. ‘n Woordvoerder, Layton Beard, sê ‘n sameloop van ongebalanseerde aanvraag, verwerkingskoste, stygings in die prys van natuurlike gas en ‘n swak rand het veroorsaak dat die petrolprys in aanloop tot die Desember-vakansie byna 20 Suid-Afrikaanse rand per liter kos. Die assosiasie sê hulle sal voortgaan om antwoorde te eis oor hoe die heffings wat by die brandstofprys ingesluit is, gebruik en bestuur word. Plaaslik styg die petrolprys vannag met 50 sent en die dieselprys met 70 sent en in Suid-Afrika styg petrol met 1 rand 21 sent en diesel met 1 rand 48 sent.