Brandstofprys sal styg sê ekonome

Die Brent ru-oliepryse styg steeds en na dit Maandag teen meer as 88 Amerikaanse dollar per vat verhandel het, het dit effe afgeneem en verhandel vandag rondom 86 dollar. Die prys het reeds sedert die begin van die jaar met 10 persent gestyg en ekonome meen die brandstofprys sal aan die einde van die maand styg. Robert McGregor van Cirrus in die hoofstad het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.