Brandstofheffings het verdubbel sedert 2000

Die Namibiese Padfonds-administrasie sê hy het in 2021 2,2 miljard Namibiese dollar in heffings verdien waarvan 1,2 miljard dollar, of 54 persent, van die brandstofheffing afkomstig was. Dié heffing het in die afgelope 21 jaar meer as verdubbel. In 2000 is daar 68 sent per liter petrol gehef met 60 sent per liter diesel. In 2021 het dit 1 dollar 48 sent vir beide brandstowwe bereik. Maar, Namibië het steeds die tweede laagste heffings in SACU. In Suid-Afrika is dit tans op 3 rand 93 sent met Lesotho wat gelykstaande aan 1 Namibiese dollar 70 sent per liter hef. Botswana is ‘n sent goedkoper as Namibië op 1 Namibiese dollar 47 sent. Die administrasie sê hy het oor die afgelope 21 jaar meer as 30 miljard Namibiese dollar in paaie in die land belê. Vervoerinfrastruktuur word as uiters belangrik vir ekonomiese groei geag.