Brandbestryders by Naruchas nodig

‘n Beroep word op plaasboere in die Naruchas-omgewing in die Hardap-streek gedoen om te help met brandbestrydings. Die brand het in die omgewing van Wortel begin. Volgens ‘n brandbestryder van Rehoboth, Dirkie Cloete, is die brand besig om suidwes na Rehoboth en omliggende plase te versprei. Hy doen ‘n beroep op boere om toegang tot plase te kry. Mario Guterres, ook ‘n brandbestryder van Rehoboth, praat met Kosmos 94.1 Nuus.