Brandbeskadigde regeringsgeboue sluk miljarde
Die sloping van Suid-Afrika se die brandbeskadigde Nasionale Vergadering-gebou sal na verwagting in April begin. Die Parlement se sekretaris, Xolile George,sê ‘n bykomende een-miljard-Suid-Afrikaanse rand is nodig vir opgraderings, benewens die twee-miljard-rand wat aanvanklik toegeken is. Hy sê die sperdatum vir voltooiing is ook uitgestel, van November 2025 tot Februarie 2026. George sê die hersiene skatting beloop 2,1-miljard-rand vir hoofwerke en 943-miljoen-rand vir die modernisering van inligting-en-kommunikasie-tegnologie-infrastruktuur. Die kantore vir Parlementslede is reeds voltooi.